Sekere ekonome waarsku dat Suid-Afrika reeds gevaarlik-naby ‘n tegniese resessie is. Volgens die jongste uitgawe van FNB Economic Weekly, sal hierdie moontlikheid aangeblaas word, indien die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse sou handhaaf op ‘n kerf wat hoër is, as vlakke wat nodig is om inflasie teen te werk.

Suid-Afrikaanse verbruikers ervaar toenemende finansiële druk, en hoër rentekoerse is een van die redes waarom mense behoorlik bars om begrotings te laat klop. Die publikasie meld ook dat die uitstel van rentekoersverlagings ekonomiese vooruitgang verder kan onderdruk. Dit juis ‘n voortgesette gebrek aan ekonomiese groei, wat Suid-Afrika in ‘n tegniese resessie kan dompel.

’n Tegniese resessie ontstaan wanneer die land se bruto binnelandse produk vir twee agtereenvolgende kwartale daal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×