Toenemende vertrouensvlakke, verwagte veranderinge in rentekoerse en verbeterde verbruikersinflasievlakke kan ekonomiese aktiwiteit gedurende die laaste maande van 2024 ‘n hupstoot gee.
Dit is volgens die jongste BankservAfrica Economic Transactions Index (BETI).
Volgens die opname het ekonomiese aktiwiteit in Augustus met nul-komma-een persent gelig om ‘n indeksvlak van 137 te bereik, wat op sy hoogste gebly het sedert Mei 2022.
Die BETI meet die waarde van alle elektroniese transaksies wat deur BankservAfrica uitgeklaar word.