President Cyril Ramaphosa se staatsrede het gefokus op vordering wat gemaak is sedert 1994, maar het “nie voldoende oplossings verskaf vir die huidige ekonomiese uitdagings in die land nie”.

Die SAUK berig dit is luidens die hoofekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt. Ramaphosa het beklemtoon dat die regering hervormings ingestel het om beurtkrag te beëindig, die logistieke stelsel en watersekerheid te verbeter en om werksgeleenthede te skep.

Volgens Roodt het hy egter niks gesê oor die ineenstorting van plaaslike regerings en staatsinstellings nie, en wil hy Suid-Afrikaners laat glo dat dit goed gaan met die land en dat daar vordering op alle vlakke is. Roodt sê Ramaphosa het versuim om ‘n realistiese beeld te skep van die huidige stand van sake in Suid-Afrika, en hy het nie aanspreeklikheid aanvaar vir sy regering se tekortkominge nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×