Met die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp wat gister Wet gemaak is, het derduisende mediesesorgwerkers en -diensteverskaffers in die land op hol. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, sê egter dat selfs met die president se handtekening daarop, glo hy nie dat dit werklikheid sal word nie.
Hy stel ook voor president Cyril Ramaphosa roep die hulp van ‘n uiters bekwame regspan in, aangesienhy aldus Roodt vir baie lank en in baie howe besig gehou gaan word. Voorts sê Roodt daar is geen manier dat daar naastenby genoeg geld uit die land se ekonomie getap sal kan word kan om die nasionale gesondheidsversekering te finansier nie. Die regering beskik volgens Roodt hoeganaamd nie oor die kapasiteit om die hierdie stelsel in werking te stel nie.