Ekstra kostes vir die hernuwing van rybewyse lei tot hewige kritiek

‘n Konsepwysiging aan regulasie 2007 van die Padverkeersbestuurskorporasie wat verlede week vir kommentaar in die Staaskoerant gepubliseer is, het gelei tot groot besware.

Volgens die wysiging sal motoriste wat aanlyn aansoek doen om ‘n rybewyskaarte hernu, ‘n ekstra R250 net vir ‘n afspraak moet opdok.

Die geld is afsonderlik van dit wat ‘n toetssentrum vir die aansoek sal vra.

Volgens Wayne Duvenhage, uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik, oftewel Outa, sal hulle die voorstel van Fikile Mbalula, minister van vervoer, teenstaan.

Volgens Duvenhage kan die staat nie ‘n stukkende stelsel red deur motoriste R250 te vra, net om ‘n afspraak te maak nie.

Die Automobiel-assosiasie beskryf die voorstel, wat diepe minagting vir Suid-Afrikaners toon, as verregaande.

Luister na potgooie hieronder