In ‘n verklaring deur Woolworths sê hulle, hulle sal hulle die eerste kleinhandelaar in Suid-Afrika wees om elektriese paneelwaens as deel van sy aanlyn inkopie-afleweringsvloot in te stel.

Find-It berig hierdie aankondiging volg op ‘n suksesvolle proeftydperk van 10 maande.

Die voertuie sal gebruik word vir die aflewering van produkte wat aanlyn in Durban, Kaapstad en Gauteng aangekoop word.

Liz Hillock, Woolworths se hoof van aanlyndienste, het gesê Woolworths wil teen 2040 ‘n doelwit van nul-koolstofvrystellings bereik.

Daar is tans geen aanduiding wanneer hierdie inisiatief ander stede soos Bloemfontein sal bereik nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×