Elektriese staalprodusente in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor prysverlagings in produkte wat deur ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) verkoop word.
Volgens die Elektriese Staalprodusente van Suid-Afrika wissel prysverlagings op Amsa-langstaalprodukte van 7 – 18%.
Die organisasie sê die prysverlagings is ‘n onregverdige voordeel en kom op ‘n tydstip wanneer die res van die staalbedryf pryse weens ‘n tekort aan skrootmetaal moes verhoog.