Elf mense het vroeër vandag gesterf toe die dak van ‘n skoolgimnasium in China ineengestort het.

BBC berig die tragedie het hom afgespeel terwyl ‘n oefensessie vir meisiesvlugbal aan die gang was.

Daar word berig net 8 van die 19 mense wat in die gebou was het die voorval oorleef.

Reuters berig boukontrakteurs is op die aangrensende perseel werksaam.

Die gimnasium se dak het waarskynlik weens swaar reën ineengestort.

Sommige van die bouers is egter in hegtenis geneem.

‘n Aanvanklike ondersoek dui skynbaar daarop dat hulle werksaamhede daartoe kon lei dat water op die gimnasium se dak opgedam het voordat dit ineengestort het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×