Elf stappers is dood gevind naby die krater van Indonesië se Marapi-vulkaan nadat dit die naweek uitgebars het. Drie mense is vanoggend gered. Die soektog na 12 ander vermistes is opgeskort weens ‘n klein uitbarsting. Daar was 75 stappers in die gebied ten tyde van die uitbarsting, maar die meeste is veilig ontruim. Berg Marapi, een van Indonesië se 127 aktiewe vulkane, het gister uitgebars. Daar word berig dat warm as so hoog as drie kilometer die lug uitgespoeg is.

 

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×