Taxi-geweld in Port St Johns het gister die lewe van minstens drie mense gekos.

Die oorledenes was veiligheidsbeamptes van ‘n taxi-vereniging van Lusikisiki.

Vyf lede van ‘n ander taxi-vereniging is beseer, toe lede van die twee verenigings glo by ‘n taxi-halte op mekaar losgebrand het.

Die Oos-Kaapse provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Priscilla Naidu, sê ‘n elfjarige seun is op die misdaadtoneel deur ‘n dwaelkoeël getref, en is vir mediese sorg na ‘n hospitaal in die omgewing geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×