Elke minister van die regering van nasionale eenheid sal binnekort ‘n prestasie-ooreenkoms onderteken.
President Cyril Ramaphosa sê ministers se prestasie sal deurgaans gemonitor word.
Vincent Magwenya, woordvoerder vir die Presidensie, sê Ramaphosa staan onder geen verpligting om hierdie prestasie-ooreenkomste met die publiek te deel nie, aangesien die ministers reeds in parlementsittings verantwoordbaar gehou word.
In die verlede het die president wel ooreekomste bekend gemaak. Die prestasie-uitslae is egter van die publiek weerhou.