Daar word gevra dat die Suid-Afrikaans gebore miljardêr, Elon Musk vir sekuriteitsbedrog ondersoek word.
Dit spruit voort uit bewerings dat Musk glo beleggers mislei oor die veiligheid van ‘n brein-inplantaat wat deur sy Neuralink-onderneming ontwikkel word.
Veeartsenykundige rekords dui skynbaar daarop dat ape wat die inplantings gekry het, negatiewe gesondheidseffekte getoon het.
Dit sluit na bewering verlamming en breinswelling in. Daar word selfs beweer van die ape het gesterf nadat die breintoestel by hulle ingeplant is.
Rosestad-nuus het twee maande gelede berig die Neuralink-maatskappy werf mense vir kliniese proewe waartydens ’n mikroskyfie in die brein ingeplant word.
Die werwingsveldtog wat op kwadrupleë gemik is, het op 20 September begin.
Mense met verlamming weens nek- en ruggraatbeserings is aangemoedig om aan die proewe, wat ses jaar sal duur, deel te neem.