Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, of SAID, sê die aantal mense wat emigreer neem kommerwekkend toe. Die SAID het gister sy belastinginkomste vir die 2023/2024 boekjaar bekend gemaak. Jan Taks het in die 2023/24 boekjaar net minder as eenduisend-sewe-honderd-en-41-miljard rand ingevorder.
Alhoewel daar min data is hoeveel Suid-Afrikaners emigreer, kan die SAID statistieke gee oor die deregistrasie van belastingbetalers. Netwerk 24 berig die nasionale kommissaris van die SAID, Edward Kieswetter, het gesê dat diegene wat deregistreer, aanhou toeneem. Deregistrasie vir mense wat emigreer, is sedert 2020 ingestel. Meer as vier-duisend Suid-Afrikaners het die proses gedurende die 2023/2024-boekjaar voltooi. Volgens die SAID kom deregistrasie in al die inkomstegroepe voor.