Die enigste oorlewende van die grusame busongeluk waartydens 45 mense gesterf het, ‘n agt-jarige meisie, is oppad terug na Botswana. Die ongeluk het net voor die Paasnaweek buite Mokopane gebeur toe die bus van ‘n brug afgestort het. Die bus, wat oppad was na die jaarlikse saamtrek van die Zion-kerk by Moria, het aan die brand geslaan.

Die meisie het saam met haar ouma gereis.

LEES MEER: Busramp eis 45 mense naby Mokopane

Sy het Woensdag vanaf die OR Tambo-lughawe na Botswana gevlieg en was steeds in ‘n rolstoel. Dr Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het haar tot in Johannesburg vergesel en vir haar ‘n teddiebeer gegee. Intussen werk die twee lande nou saam om die verkoolde oorskot van die oorledenes met behulp van DNS-toetse te identifiseer. Die ongeluk het wêreldwyd oor die Paasnaweek opslae gemaak.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×