Armoede, werkloosheid en uiters lae ekonomiese groei, is drie aspekte wat deur die Good-party as Suid-Afrika se grootste krisisse bestempel word.
Volgens die party is dié drie sleutelkrisisse, uiteraard aan mekaar gekoppel. Die vrystelling van die kwartaallikse arbeidsmagopname deur Statistieke Suid-Afrika, toon dat byna 11-miljoen mense in die land nou werkloos is.
Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê entrepreneurskap is waarskynlik die sleutel tot ekonomiese vooruitgang. Herron hoop dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vandag in sy begrotingsrede op ekonomiese groei sal fokus.
1 Comment
Comments are closed.