Sommige van die ouers van die tieners wat in Junie by die Enyobeni Taverne in Oos-Londen gesterf het, oorweeg nou regstappe om toegang tot die finale nadoodse-ondersoekverslag te verkry. Verpletterde ouers het gesê amptenare van die departement van gesondheid het Donderdag net die oorsaak van dood deurgegee, maar wou nie die verslag aan hulle wys nie. ’n Aanvanklike lykskouingsverslag het chemiese vergiftiging voorgestel, terwyl voor-toksikologiese ondersoeke metanol in al 21 liggame van die oorledenes gevind het. Die finale verslag dui egter daarop dat die tieners moontlik versmoor het weens die feit dat die taverne oorvol was. Die ouers het gesê hulle is ontevrede met die toedrag van sake rakende die verslag, en die weerhouding van gedeeltes daarvan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×