Onvoldoende toepassing van drankregulasies, asook die SAP se versuim om inwoners se klagtes aan te spreek, word uitgelig as faktore wat tot die Enyobeni-tragedie aanleiding gegee het. 21 jongmense, tussen 13 en 21 jaar oud, is in 2022 op raaiselagtige wyse by die Enyobeni-taverne in Oos-Londen dood. ‘n Ondersoekverslag
van 86 bladsye, is vandag deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie uitgereik.

Hierin word onder meer aanbeveel dat die Oos-Kaapse Drankraad ‘n onmiddellike moratorium op die uitreiking van nuwe dranklisensies plaas. Die eienaars van die taverne, is na die tragedie skuldig bevind op aanklagte van die verkoop van alkohol aan minderjariges. Die man en die vrou is in Februarie elk ‘n vonnis opgelê van 100 dae tronkstraf of ‘n boete van R5000. Die oorsaak van die sterftes is nog nie vasgestel nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×