Die leerderregte-organisasie, Equal Education, sê die matriekslaagsyfer moet met omsigtigheid vertolk word.

Die organisasie sê die resultate kan ‘n misleidende aanwyser wees van die prestasie van die skoolstelsel.

Die Departement van Basiese Onderwys het vandeesweek aangekondig dat die klas van 2023 ‘n slaagsyfer van 82-komma-nege persent behaal het.

Equal Education sê hy is bekommerd oor die leerders wat die skool verlaat voordat hulle matriek bereik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×