Namibië beplan om 723 wilde diere, insluitend 83 olifante, van kant te maak en die vleis aan mense te versprei wat weens ‘n erge droogte honger ly.
Volgens Reuters sal dit in parke en gemeenskaplike gebiede, waar die dieregetalle die beskikbare weiding oorskry, plaasvind. Suider-Afrika staar sy ergste droogte in dekades in die gesig met Namibië, wat volgens die Verenigde Nasies, verlede maand 84% van sy voedselreserwes uitgeput het.
Hulle berig verder dat die besluit, volgens die Namibiese Ministerie van Omgewing en Toerisme, in lyn is met hul grondwetlike mandaat waar natuurlike hulpbronne tot voordeel van Namibiese burgers gebruik kan word.