Die EG.5 of “Eris”-koronavirus, ‘n subvariant van die Omicron-lyn, het teen 8 Augustus reeds kop in meer as 50 lande uitgesteek.
Volgens die Wêreld-gesondheidsorganisasie, of WGO, is dit tot dusver die Covid-subvariant wat die vinnigste versprei. Infeksies en hospitalisasies is veral vinnig aan die toeneem in die VSA, Europa en Asië.
Reuters berig hoewel dit baie vinnig versprei, blyk “Eris” nie ‘n groter bedreiging vir openbare gesondheid in te hou as enige van die ander
variante nie.
Die WGO noem die “Eris” wel ‘n “variant van belang,” aangesien dit sekere mutasies het wat dit meer aansteeklik kan maak.