Ernst Roets het, ná meer as 20 jaar diens, by die Solidariteit Beweging bedank om ander geleenthede na te streef.
Maroela Media berig Roets is in Augustus 2023 as beleidshoof van die Solidariteit Beweging aangestel, nadat hy voorheen as AfriForum se bestuurshoof vir strategie en internasionale skakeling gedien het.
Volgens Roets het hy hierdie besluit geneem aangesien hy daarvan oortuig geraak het dat daar vir hom meer ruimte buite die Solidariteit Beweging is, om sy roeping uit te leef.
Hy sê ook dat hy ‘n groter bydrae buite die beweging kan lewer en het die Solidariteit Beweging alle sterkte toegewens met die groot taak wat op hul skouers rus.