Fluitjieblasers by die Lugverkeernavigasiedienste sê ernstige en toenemende probleme by die diens kos lugrederye miljoene rande per jaar. Dit jaag op sy beurt die prys van vliegtuigkaartjies op.
Die fluitjieblasers het ʼn verslag aan die minister van Openbare Vervoer, Barbara Creecy, en die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, oorhandig waarin hulle beweer dat daar chaos op bestuursvlak by die Lugverkeernavigasiedienste heers.
Hulle sê daar is ʼn ernstige tekort aan ervare lugverkeer- of radarbeheerders en die uitvoerende hoof van die diens, Nozipho Mdawe, stel glo haar vriende in voorkeurposte aan.