Eskom skryf 51 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag toe aan voortgesette verbetering met die betroubaarheid van die opwekkingsvloot.

Die kragverskaffer gee die Opwekkings-operasionale Plan krediet. Dit sluit in, versnelde beplande onderhoud, aanlyn voorkomende onderhoud, groot aanleg-opknappings en lewensduur-verlengende projekte.

Dit het onbeplande onderhoud verminder en betroubaarheid verhoog. Eskom se Daphne Mokoena sê die beplande onderhoud stem ooreen met die winterskedules, met opwekkingsvermoë wat vanjaar se wintervoorspelling oorskry.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×