Eskom het ʼn belangrike mylpaal bereik met die eerste fase van die maatskappy se ontbondeling. 19 plaaslike kontrakteurs is aangestel om die noodsaaklike uitbreiding van die land se transmissienetwerk daar te stel. Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika het gister die lys van suksesvolle kontrakteurs bekend gemaak, en het bevestig dat formele langtermynooreenkomste met almal op die lys beklink is.
Hierdie diensverskaffers sal fokus op die ontwerp, verkryging, oprigting, en die inwerkingstelling van oorhoofse hoëspanningskragkabels. Hierdie netwerk word uiteindelik as bate aan die Nasionale Transmissiemaatskappy oorgedra.