Eskom sê hy is besig om die gebruik van koperkabels uit te faseer weens die hoë voorkoms van kabeldiefstal. Die vraag na koper het skerp toegeneem weens die gebruik daarvan in komponente van selfone, rekenaars en televisiestelle en in 2020 en 2021 het die internasionale prys van koper skerp gestyg.

Dit het in Suid-Afrika tot ‘n toename in die diefstal van koperkabels gelei by instansies soos Eskom en Transnet. Die woordvoerder van Eskom in Gauteng, Amanda Qithi, sê aan die SABC hulle vervang nie meer gesteelde koper met koper nie. Sy sê Eskom het begin om sensors te installeer wat aandui wanneer daar met infrastruktuur gepeuter word. Sy sê hulle werk nou saam met die polisie omdat kabeldiefstal talle gevolge het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×