Eskom se proses is in ’n gevorderde stadium om ’n nuwe permanente uitvoerende hoof aan te stel.

Die kragverskaffer is sedert Februarie vanjaar sonder ’n permanente hoof, nadat André de Ruyter Eskom verlaat het.

Sedertdien neem Calib Cassim, finansiële hoof, as uitvoerende hoof waar.

Netwerk24 berig doktor Claudelle von Eck, Eskom-direksielid, het vroeër vandag gesê die direksie nader nou die einde van die proses.

Die raad het nog een vergadering oor. ’n Aanbeveling sal hierna aan die departement van openbare ondernemings gemaak word.

Volgens Von Eck wil die direksie die aangeleentheid so gou moontlik afhandel.

Sy het gesê sy kan egter nie namens die departement oor ‘n tydraamwerk praat nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×