Eskom gaan beurtkrag tussen 10-uur vanoggend en 2-uur vanmiddag opskort

Eskom gaan beurtkrag tussen 10-uur vanoggend en 2-uur vanmiddag opskort ter wille van koning Goodwill Zwelinthini se roudiens.

Volgens Eskom is buitengewone maatreëls in werking gestel sodat die nasie die buitengewone geskiedkundige gebeurtenis kan volg.

Dit word regstreeks op SAUK platforms en aanlyn uitgesaai.

Na die verrigtinge sal Fase Twee beurtkrag voortgesit word.

Volgens Eskom sal Fase twee beurtkrag tot Saterdagoggend 5-uur duur.

Luister na potgooie hieronder