Eskom gaan ‘n bykomende eenduisend megawatt gasaangedrewe energie van Mosambiek ontvang as deel van die minister van Elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa, se plan om Suid-Afrika se energiekrisis te verlig. Die minister het gister Mosambiek se minister van Minerale Bronne, Carlos Zacarias, in Pretoria  onthaal om bykomende megawatt te bekom. Die bykomende kragtoevoer sal die kragvoorsiener in staat stel om beurtkrag met een fase te verminder. Vir die afgelope week het Suid-Afrikaners egter nie meer daagliks fase vier tot ses beurtkrag soos voorheen ervaar nie, en selfs weer ure gehad waar geen beurtkrag toegepas is nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×