Volgens Netwerk24 gaan Eskom hierdie week van 5 uur die oggend tot vieruur die middag elke dag die krag aanhou.
Fase 2 Beurtkrag sal wel van vieruur die middag tot vyfuur die oggend ingestel word.
Volgens Eskom is die skedule moontlik omdat net 12 983 MW van die opwekkings vermoë op die oomblik weens foute afgeskakel is.