Eskom gaan nie die pos van bedryfshoof hernu nadat die huidige bedryfshoof Jan Oberholzer in April aftree nie. Die Eskom-direksie beplan om dié pos te skrap. Die direksie sê die besluit kom omdat Eskom besig is om te ontbondel sodat die opwekkings-, transmissie- en distribusie-afdelings afsonderlike maatskappye word.