Voorafbetaalde elektrisiteitskliënte het tot 24 November 2024 om hul meters te herkodeer voordat die huidige kode verval.

IOL berig dat ná hierdie datum meters nie meer elektrisiteitstokens sal aanvaar nie, tensy hulle na Key Revision Number 2 (KRN 2)  opgedateer is.

Eskom het in ‘n verklaring herhaal dat daar geen verlenging sal wees nie.

Die herskoderingsproses raak ongeveer 6,9 miljoen meters in Eskom-voorsieningsgebiede.

Eskom sê dit het reeds 97% van die meters voorberei, wat dit makliker maak vir kliënte om die proses self te voltooi.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×