Die tussentydse hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Transmissiemaatskappy Suid-Afrika (NTCSA), Segomoco Scheppers, keer terug na Eskom Holdings.

Volgens ’n plasing op Eskom se webwerf is hy in Julie 2024 na die transmissiemaatskappy gesekondeer om die oorgang en operasionalisering van die maatskappy te lei.

Dit is danksy sy uitgebreide ervaring in Eskom se Transmissie-afdeling. Alhoewel hy op die kortlys was vir die permanente pos, is ’n opvolger nog nie aangewys nie.

NTCSA het Scheppers bedank vir sy bydrae in die skeiding van Eskom se transmissiebedryf en die oprigting van NTCSA.

Eskom en NTCSA sal binnekort ’n nuwe tussentydse hoof aanstel om die voortgesette strategie en hervormings te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!