Eskom het aangekondig dat die huidige skedule waar beurtkrag geïmplementeer word vanaf vieruur in die middag tot vyfuur die volgende oggend, daagliks sal voortgaan.

Beurtkrag sal dan tussen hierdie intervalle opgeskort word.

Die kragvoorsiener sê dit is as gevolg van die stabiele elektrisiteitsaanvraag en opwekkingsverrigting.

Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê ‘n opdatering sal gepubliseer word indien enige beduidende veranderinge plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×