Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag deurlopend ingestel sal word tot verdere kennisgewing.  Die kragvoorsiener sê daar sal nie fase 3-beurtkrag gedurende die aande wees nie.  Eskom het gister beurtkrag in die aand tot fase 3 verminder nadat hy ‘n besending diesel van PetroSA ontvang het.  Diesel word gebruik om sy oopsiklus-gasturbines te bedryf.  Eskom sê hy sal ‘n verdere opdatering publiseer sodra daar enige beduidende veranderinge is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×