Eskom het aangekondig dat fase 3-beurtkrag vanmiddag vanaf vieruur tot vyfuur môreoggend en Woensdagmiddag op dieselfde tyd geïmplementeer sal word. Fase 2-beurtkrag sal voortgaan om daagliks om vyfuur in die oggend tot vieruur in die middag geïmplementeer te word tot verdere kennisgewing. Beurtkrag word geïmplementeer as gevolg van ‘n groot aantal onklaarrakings en die vereiste om die oorblywende noodopwekkingsreserwes te bewaar. Dit is ook om ruimte te skep om die damvlakke by die pompopgaarskemas aan te vul. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hulle sal ‘n verdere opdatering publiseer sodra daar enige beduidende veranderinge is.