Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag in plaas van fase 5 deurlopend tot môreoggend vyfuur geïmplementeer sal word. Daarna sal fase 2-beurtkrag daagliks vanaf vyfuur in die oggend tot vieruur in die middag geïmplementeer word. Fase 4 sal daagliks vanaf vieruur in die middag tot vyfuur in die oggend tot verdere kennisgewing geïmplementeer word.