Eskom het bevestig dat Fase Twee beurtkrag vandag en môre van vieruur die middag tot om middernag toegepas sal word. Dit kom nadat Eskom gistermiddag ook beurtkrag ingestel het, en gewaarsku het dat daar ‘n sterk moontlikheid van beurtkrag in die komende dae sal wees. Die kragnetwerk is onder groot druk nadat opwekkingseenhede by die Duvha-, Kendal-, en Kriel-kragstasies die afgelope 24-uur buite werking geraak het. Intussen is daar ook vertragings in pogings om eenhede by die Arnot-, Kusile- en Tutuka-kragstasie weer aan die netwerk te koppel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×