Eskom het gesê die maatskappy het ‘n fout gemaak in die proses om die Komati-kragstasie uit diens te stel. Komati is verlede jaar gesluit, maar daar was vertragings met die implementering van nuwe werksgeleenthede wat fokus op hernubare energie by die fasiliteit. Eskom se opwekkingshoof, Bheki Nxumalo, het gesê dit moes nooit tot die punt gekom het dat geen megawatt by Komati geproduseer is nie. Nxumalo het bygevoeg dat die nutsmaatskappy nou sal verseker dat hernubare energie bygevoeg word terwyl die aanlegte aan die gang is, voordat dit uit diens gestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×