Eskom het gisteraand aangekondig dat fase-twee-beurtkrag vandag en Sondag van sesuur die oggend tot elfuur die aand sal geld

Eskom het gisteraand aangekondig dat fase-twee-beurtkrag vandag en Sondag van sesuur die oggend tot elfuur die aand sal geld. Volgens die kragvoorsiener word die situasie toegeskryf aan ‘n aantal opwekkingseenhede wat onklaar geraak het. Eskom blameer ook die ouderdom van die infrastruktuur as een van die redes vir die probleme. 

Eskom sê tegnici is besig met beplande onderhoudswerk aan opwekkingseenhede wat meer as sewe duisend megawatt moes lewer, terwyl ‘n tekort van 10-duisend megawatt ontstaan het weens eenhede wat onklaar geraak het. Die kragvoorsiener vra die publiek opnuut om hul elektrisiteitsgebruik af te skaal. Eskom sê die beurtkrag is nodig om die kragreserwes vir die komende werksweek aan te vul.

Luister na potgooie hieronder