Eskom het laat Maandagoggend gewaarsku dat beurtkrag weer op kort kennisgewing ingestel kan word nadat vyf eenhede van sy Kriel-kragstasie onklaar geraak het. Luidens ‘n Eskom-verklaring sal beurtkrag ingestel moet word indien nog opwekkingseenhede by enige van sy ander kragstasies die gees sou gee. Suid-Afrikaners het die afgelope naweek die eerste naweek in vyf sonder beurtkrag beleef. ‘n Bloemfonteinse sakeman het gesê die grootste enkele frustrasie bly steeds dat vooruitbeplanning amper onmoontlik is. Talle ondernemings lei groot finansiële skade weens beurtkrag. Intussen het president Cyril Rampahosa die naweek weer sy versekering gegee dat planne onderweg is om te sorg dat beurtkrag so gou moontlik iets van die verlede word. Hy het egter nie nadere besonderhede bekend gemaak nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×