Eskom het ‘n beroep op politieke partye gedoen om nie hul verkiesingsplakate op sy infrastruktuur aan te bring nie. Dit sluit in kragpale, kragtorings, meterbokse en mini-substasies. Eskom maan dat daar in die verlede voorvalle was waartydens mense wat plakate opsit weens die elektriese spanning geskok is. Hy het bygevoeg dat dit teen die wet is om plakate op sy infrastruktuur aan te bring en het beklemtoon dat slegs gemagtigde personeel aan sy strukture mag werk.