Eskom het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik. Die elektrisiteitsverskaffer sê daar is baie druk op die kragnetwerk, nadat verskeie kragopwekkingseenhede die naweek by verskillende kragstasies onklaar geraak het. Volgens Eskom is daar nog geen planne om beurtkrag in te stel nie, maar indien hy nog opwekkingsvermoë verloor, kan beurtkrag op kort kennisgewing ingestel word. Die kragverskaffer sê hy moes reeds sedert die naweek van sy kragreserwes gebruik, en kan dit tans nie weer aanvul nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×