Eskom het ontken dat die vrywillige skeidingspakkette wat hy aan senior werknemers aanbied, ‘n vorm van gedwonge afleggings is

 Eskom het ontken dat die vrywillige skeidingspakkette wat hy aan senior werknemers aanbied, ‘n vorm van gedwonge afleggings is

Eskom het ontken dat die vrywillige skeidingspakkette wat hy aan senior werknemers aanbied, ‘n vorm van gedwonge afleggings is.

Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê die oogmerk is om personeelkoste in te kort en op seniorbestuursvlak te rasionaliseer.

Die pakkette word nie aan werkers op laer posvlakke aangebied nie.

Die proses sal in Maart en April afgehandel word, en sal sowat 400 miljoen rand beloop.

Eskom sê hy sal sorg dat kritieke vaardighede nie in die proses verlore gaan nie.