Eskom het Saterdagaand weer fase 2-beurtkrag van vyf-uur tot tien-uur toegepas en dit sal na verwagting deur die loop van die komende week op dieselfde tye ingestel bly. Die nustmaatskappy sê luidens netwerk24 dat sy kragnetwerk steeds onder druk is. Eskom het gesê hy sal voortgaan om die situasie te monitor en sal enige veranderinge kommunikeer soos dit ontvou. ‘n Opwekkingseenheid elk by die kragstasies Arnout, Kusile, Majuba, Hendrina en twee eenhede by Lethabo het onklaar geraak en vereis noodherstelwerk. ‘n Vertraging weens herstelwerk by die Cahora Bassa-projek in Mosambiek het verder tot die vermindering van kapasiteit gelei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×