Eskom het Sondag aangekondig dat Fase-2 beurtkrag onbepaald sal voortduur

Eskom het Sondag aangekondig dat Fase-2 beurtkrag onbepaald sal voortduur.
Dit kom nadat Fase-1 beurtkrag van Sondagaand 11-uur tot 5-uur vanoggend ingestel was.
Fase-2 beurtkrag is reeds ingestel. Volgens Eskom is die beurtkrag nodig weens die vertraging van sekere kragstasies se terugkeer tot elektrisiteitlewering.
Ekskom sê verder dat die noodkragopwekkingsreserwes bestuur moet word.
Volgens Eskom is daar ook druk van Covid-19 op die kragreus weens die feit dat talle kontrakteurs positief toets vir die virus.
Bloemfonteiners in Groep 2 kan huidiglik beurtkrag ervaar tot 10-uur vanoggend gevolg deur Groep 3 tussen 10-uur en 12-uur.
Rosestad Nuus sal jou op hoogte hou van die voortgesette beurtkrag.

Luister na potgooie hieronder