Eskom het vanoggend met hanekraai reeds aangekondig dat die land tot minstens Sondag deur beurtkrag “gyselaar” gehou sal word.

Die kragvoorsiener het verduidelik dat sy noodopwekkingsreserwes amper daarmee heen is, as gevolg van die groot aantal opwekkingseenhede wat buite werking is.

Fase 3-beurtkrag geld op die oomblik, en sal tot vanmiddag om vieruur duur.

Hierna moet Eskom se kliënte hulle staal vir fase 4-beurtkrag wat tot vyfuur Vrydagoggend sal geld.

Van Vrydagoggend om vyfuur tot die middag om vier, moet mense met fase 2 oor die weg kom.

Luidens ‘n verklaring is die opwekkingseenhede by Duvha, Kendal en Medupi sedert Dinsdagaand herstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×