Eskom implementeer Fase 3 beurtkrag tot more oggend 6-uur

Fase 3 beurtkrag is reeds om 1-uur vanmiddag deur Eskom ingestel en sal duur tot 6-uur more oggend.

Volgens die kragreus kom die beurtkrag nadat die situasie verder agteruit gegaan het teenoor gister.

Hy sê verder sy noodreserwes kan nie bybly nie.

Netwerk24 berig oor die afgelope drie dae het talle eenhede by Eskom se steenkoolkragstasies onklaar geraak en nog nie weer herstel nie.

Eksom het verder gewaarsku dat beurtkrag moontlik Donderdag ook ingestel kan word.

Luister na potgooie hieronder