Eskom se jongste stelselverslag het gewaarsku dat die volgende 52 weke na verwagting opwekkingstekorte van meer as tweeduisend megawatt sal sien. Dit is gelyk aan twee stadiums van beurtkrag. Volgens die kragvoorsiener bevat die stelselverslag ‘n projeksie van 52 weke, wat gekodeer is op grond van die verwagte vraag en aanbod. Kode Rooi is wanneer daar ‘n tweeduisend megawatt of meer tekort is waar beide reserwes en aanvraag nie voorsien sal word nie. Eskom se verslag het Kode Rooi vir die volgende jaar aangedui. Intussen is die land hierdie week terug op fase 2 en -3 beurtkrag. Volgens BusinessTech is die land huidiglik in fase 6 vir ‘n onbeperkte tyd. Terwyl die land nog nie op Fase 6 skedules is nie, word die nutsmaatskappy gedwing om megawatts van die nasionale rooster te onttrek wat Fase 6 definisies by verre oorskry.