Eskom pleit op sy knieë oor kragverhogings.
Die kragaverskaffer het gewaarsku dat die land se energiekrisis kan vererger, sou hy nie die beloofde verhoging kon implementeer wat aan die begin van die jaar deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, of Nersa, goedgekeur is nie.
Die DA het in Januarie reeds die hof genader om die verhogings tot irrasioneel en onwettig te verklaar.
Indien die beplande verhogings nie gestuit word nie, sal ‘n kragprysverhoging van 18,6% op 1 April in werking tree.
Nersa het ook reeds ‘n 12,74% kragprysverhoging vir die daaropvolgende jaar goedgekeur.