Eskom is optimisties dat ‘n lisensie aan hul toegestaan sal word om die lewensduur van die Koeberg-kernkragstasie in die Wes-Kaap te verleng. Die kragvoorsiener wil Koeberg se lewensduur met 20 jaar verleng. Die Nasionale Kernreguleerder het hierdie week nog ‘n rondte openbare verhore oor die lewensduurverlenging gehou. Die verhore is ná die druk van burgerlike organisasies gehou. Eskom sê dat dit nie ongewoon is om die lewensduur van ‘n kernkragstasie te verleng nie en dat dit ook in ander lande gedoen is.
